Jeremiah 27:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En stuur hulle na die koning van Edom en na die koning van Moab en na die koning van die Ammoniete en na die koning van Tirus en na die koning van Sidon, deur die hand van die boodskappers wat na Jerusalem kom na Sedekia koning van Juda;
Afrikaans (NLV) 2011 Stuur dan deur hulle ambassadeurs ’n boodskap aan die konings van Edom, Moab, Ammon, Tirus en Sidon. Die ambassadeurs het na koning Sedekia van Juda in Jerusalem gekom.
Afrikaans 1933/1953 en stuur dit na die koning van Edom en na die koning van Moab en na die koning van die kinders van Ammon en na die koning van Tirus en na die koning van Sidon deur middel van die gesante wat in Jerusalem gekom het na Sedek¡a, die koning van Juda;
Afrikaans 1983 Die ander moet jy na die konings van Edom, Moab, Ammon, Tirus en Sidon toe stuur met die boodskappers wat na koning Sedekia van Juda in Jerusalem gekom het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) stuur dit dan na die koning van Edom, die koning van Moab, die koning van die Ammoniete, die koning van Tirus en die koning van Sidon deur die gesante wat in Jerusalem by Sedekia, koning van Juda, aangekom het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Dan moet jy die ander jukke stuur na die konings van die land Moab, na die Ammoniete, en na die stede Tirus en Sidon. Jy moet dit stuur saam met die boodskappers wat na Jerusalem gekom het, na koning Sedekia van Juda toe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Stuur dan ’n boodskap aan die konings van Edom, Moab, Ammon, Tirus en Sidon deur hulle verteenwoordigers.” Hierdie verteenwoordigers het na koning Sedekia in Jerusalem gekom. Sedekia was die koning van Juda.