Jeremiah 27:22 — Compare Translations
6 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle sal na Babel weggevoer word, en daar sal hulle wees tot op die dag dat Ek hulle besoek, spreek die HERE; dan sal Ek hulle laat opkom en hulle op hierdie plek terugbring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ‘Hulle sal al hierdie voorwerpe na Babel toe wegdra,’ sê die Here. ‘Dit sal daar bly totdat Ek dit terug wil bring. Dan bring Ek alles terug en Ek herstel dié plek.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | Na Babel sal dit gebring word, en daar sal dit bly tot op die dag dat Ek daarop ag sal gee, spreek die HERE, en dit opvoer en terugbring na hierdie plek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | ‘Na Babel sal dit geneem word, en dit sal daar bly tot op die dag dat Ek daaraan aandag gee,’ ” is die uitspraak van die Here. “ ‘Dan sal Ek dit laat haal en dit terugbring na hierdie plek.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die vyande sal dit wegvat na Babel, en dit sal daar bly totdat Ek besluit dat dit moet terugkom na hierdie plek.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy sê: Al hierdie goed sal na Babel toe weggedra word. Daar sal dit bly totdat Ek eendag wil hê dit moet terugkom. As die tyd reg is, sal Ek alles weer na Jerusalem toe terugbring.” |