Jeremiah 27:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ja, so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel, aangaande die voorwerpe wat oorgebly het in die huis van die HERE en in die huis van die koning van Juda en van Jerusalem;
Afrikaans (NLV) 2011 Maar hoor wat sê die Here, die Almagtige, oor hierdie kosbare voorwerpe wat in die tempel en die paleis van die koning van Juda is:
Afrikaans 1933/1953 want so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel, aangaande die voorwerpe wat in die huis van die HERE en die huis van die koning van Juda en in Jerusalem oorgebly het:
Afrikaans 1983 [21-22] dit sal na Babel toe gevat word en dit sal daar bly tot Ek dit weer onder my sorg sal neem, sê die Here. Dan sal Ek dit gaan haal en terugbring na hierdie plek toe. Dit is wat die Here die Almagtige, die God van Israel, sê van die voorwerpe wat nog oor is in die huis van die Here en in die paleis van die koning van Juda en in Jerusalem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, so sê die Here, Heerser oor alle magte, die God van Israel, oor die voorwerpe wat oorgebly het in die huis van die Here en in die huis van die koning van Juda en in Jerusalem,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar nou praat die Here wat oor alles regeer, die God van Israel. Hy praat oor die goed wat nog oorgebly het in die tempel en in die paleis van die koning van Juda en Jerusalem. Die Here sê:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar hoor wat sê die Here oor hierdie kosbare goed wat in die tempel en die paleis van die koning van Juda is: