Jeremiah 27:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | wat Nebukadnésar, die koning van Babel, nie geneem het toe hy Jekonja, die seun van Jójakim, die koning van Juda, uit Jerusalem na Babel weggevoer het, en al die edeles van Juda en Jerusalem; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jojagin was destyds die koning van Juda. Hy was die seun van koning Jojakim. Koning Nebukadnesar van Babel het Jojagin en ’n groot klomp van die belangrikste mense van Juda en Jerusalem na Babel toe weggevoer. Toe hy hulle weggevoer het, het hy egter hierdie voorwerpe agtergelaat. |
| Afrikaans 1933/1953 | wat Nebukadn,sar, die koning van Babel, nie weggeneem het nie toe hy Jegonja, die seun van Jojakim, die koning van Juda, uit Jerusalem in ballingskap weggevoer het na Babel toe, saam met al die edeles van Juda en Jerusalem -- |
| Afrikaans 1983 | van alles wat koning Nebukadnesar van Babel nie saam met koning Jojagin van Juda, seun van Jojakim, en al die vername mense uit Juda en Jerusalem in ballingskap na Babel toe weggevoer het nie: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | wat Nebukadnesar, die koning van Babilonië, nie weggevat het toe hy Jegonja, seun van Jojakim, koning van Juda, uit Jerusalem in ballingskap weggevoer het na Babel saam met al die hoëlui van Juda en Jerusalem nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Koning Nebukadnesar het nie hierdie goed gevat toe hy vir koning Jojagin seun van Jojakim, koning van Juda, na Babel weggevat het saam met al die belangrike mense van Juda en Jerusalem nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jojagin was destyds die koning van Juda. Hy was die seun van koning Jojakim. Koning Nebukadnesar van Babel het vir Jojagin en ’n groot klomp van die belangrikste mense van Juda en Jerusalem na Babel ontvoer. Maar toe hy dit destyds gedoen het, het hy van die kosbare goed net so in die tempel en die paleis gelos. |