Jeremiah 27:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want so sê die HERE van die leërskare aangaande die pilare en oor die see en oor die fondamente en oor die oorblyfsel van die voorwerpe wat in hierdie stad oorgebly het:
Afrikaans (NLV) 2011 “Want so sê die Here, die Almagtige, oor wat met die koperpilare, groot koperbad, staanders en ander bakke wat nog in hierdie stad oorgebly het, gaan gebeur.
Afrikaans 1933/1953 Want so sê die HERE van die leërskare van die pilare en van die see en van die afspoelwaentjies en van die ander voorwerpe wat in hierdie stad oorgebly het,
Afrikaans 1983 So sê die Here die Almagtige van die pilare en die waterbak en die staanders, van al die ander voorwerpe wat nog oor is in hierdie stad,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want so sê die Here, Heerser oor alle magte, oor die pilare, die See, die verskuifbare staanders en die res van die voorwerpe wat in hierdie stad oorgebly het,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Want die Here wat oor alles regeer, praat ook oor die pilare en oor die groot waterbak en die waentjies wat nog by die tempel is en oor alles wat nog oorgebly het in die stad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het reeds gesê wat met die koperpilare by die ingang van die tempel gaan gebeur. Hy het ook gesê wat met die groot koperbad, die staanders en die ander bakke wat nog in hierdie stad oor is, gaan gebeur.