Jeremiah 27:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar as hulle profete is, en as die woord van die HERE met hulle is, laat hulle dan nou intree by die HERE van die leërskare, dat die voorwerpe wat oorgebly het in die huis van die HERE en in die huis van die koning van Juda, en na Jerusalem, gaan nie na Babel nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle sê dat hulle die Here se profete is. As dit so is, laat hulle dan tot die Here, die Almagtige, bid oor die kosbare voorwerpe wat in die tempel van die Here, in die paleis in Juda en in Jerusalem oorgebly het. Laat hulle bid dat dit nie ook na Babel weggevat word nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar as hulle profete is, en as die woord van die HERE by hulle is, laat hulle tog die HERE van die leërskare dringend smeek, dat die voorwerpe wat in die huis van die HERE en die huis van die koning van Juda en in Jerusalem oorgebly het, nie in Babel kom nie. |
| Afrikaans 1983 | As hulle werklik profete is en as die woord van die Here by hulle is, laat hulle dan by die Here die Almagtige pleit dat die voorwerpe wat nog in die huis van die Here is en dié in die koning van Juda se paleis en dié in Jerusalem, nie na Babel toe gevat word nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As hulle dan profete is, en as die woord van die Here by hulle is, moet hulle liewer by die Here, Heerser oor alle magte, pleit dat die voorwerpe wat nog oor is in die huis van die Here en in die huis van die koning van Juda en in Jerusalem, nie na Babel gaan nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “As daardie mense regtig profete is, as die Here regtig met hulle praat, dan moet hulle aanhou bid tot die Here wat oor alles regeer. Hulle moet vra dat die vyande nie die goed na Babel sal vat nie, die goed wat nog oor is in die tempel en in die paleis. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle sê hulle is die Here se boodskappers. As dit so is, laat hulle dan tot die Here wat sterker as alles en almal is, bid. Laat hulle Hom dan vra dat die kosbare goed wat in die tempel van die Here oorgebly het, in die paleis in Juda en in Jerusalem nie na Babel toe weggevat word nie. |