Jeremiah 27:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want Ek het hulle nie gestuur nie, spreek die HERE, tog profeteer hulle 'n leuen in my Naam; dat Ek julle kan verdryf en dat julle omkom, julle en die profete wat vir julle profeteer.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here sê: Ek het hulle nie gestuur nie! Hulle vertel leuens in my Naam! Hulle is die oorsaak dat Ek julle uit julle land sal verdryf. Julle en julle profete met hulle liegstories sal almal doodgemaak word.”
Afrikaans 1933/1953 Want Ek het hulle nie gestuur nie, spreek die HERE, en hulle profeteer vals in my Naam, dat Ek julle kan verdrywe en dat julle kan omkom, julle en die profete wat vir julle profeteer.
Afrikaans 1983 Ek het hulle nie gestuur nie, sê die Here. Hulle tree in my Naam op as profete, maar hulle bedrieg julle, en daarom sal Ek julle verban en sal julle omkom, julle en julle profete.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want Ek het hulle nie gestuur nie,” is die uitspraak van die Here, “en hulle profeteer vals in my Naam, wat daartoe sal lei dat Ek julle verdryf, en dat julle sal omkom, julle en die profete wat vir julle profeteer.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: Ek het hulle nie gestuur nie, maar hulle sê hulle bring boodskappe van My. Dit is boodskappe wat vals is. As julle daarna luister, dan sal Ek julle wegjaag na al die kante toe en Ek sal julle almal laat sterf, julle en die profete wat vir julle boodskappe bring.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê: Ek het hulle nie gestuur nie. Hulle is vermetel om namens My te praat en dan verkondig hulle nog ’n spul leuens ook! Hulle sal die oorsaak wees dat Ek julle uit julle land sal wegjaag. Julle en hierdie profete met hulle leuens sal doodgaan.”