Jeremiah 27:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Luister dan nie na die woorde van die profete wat met julle spreek en sê: Julle mag die koning van Babel nie dien nie, want hulle profeteer leuens vir julle.
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie luister na wat die profete vir julle sê nie: ‘Julle sal nie die koning van Babel dien nie.’ Hulle lieg!
Afrikaans 1933/1953 Luister dan nie na die woorde van die profete nie, wat met julle spreek en sê: Julle sal die koning van Babel nie dien nie; want hulle profeteer leuens vir julle.
Afrikaans 1983 Moenie luister na die profete wat vir julle sê julle moenie die koning van Babel dien nie. Dit is vals profete wat vir julle optree.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moenie luister na die woorde van die profete wat vir julle sê, ‘Julle sal nie die koning van Babilonië dien nie,’ want dit is leuens wat hulle vir julle profeteer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moenie luister na die profete wat vir julle sê julle moenie die koning van Babel dien nie, want daardie profete bring vir julle boodskappe wat vals is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moenie luister na julle profete wat sê: ‘Julle sal nie aan die koning van Babel oorgegee word nie.’ Hulle vertel vir julle ’n spul leuens!