Jeremiah 27:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Waarom sal julle sterwe, jy en jou volk, deur die swaard, deur die hongersnood en deur die pes, soos die HERE gespreek het teen die nasie wat die koning van Babel nie sal dien nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hoekom wil u en u mense in ’n oorlog sterf? Hoekom wil julle van honger of aan ’n epidemie sterf? Die Here het gesê dit is wat met enige volk sal gebeur wat hulle nie aan die koning van Babel onderwerp nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Waarom moet julle sterwe, u en u volk, deur die swaard, die hongersnood en die pes, soos die HERE gespreek het van die nasie wat die koning van Babel nie sal dien nie? |
| Afrikaans 1983 | Waarom wil jy en jou volk sterf deur die oorlog en die hongersnood en die pes waarmee Ek, die Here, elke nasie wat nie die koning van Babel wil dien nie, gedreig het? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Waarom moet julle, jy en jou volk, sterf deur die swaard, hongersnood en pessiekte, soos die Here gesê het oor die nasie wat die koning van Babilonië nie wil dien nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hoekom wil jy en jou mense sterf van oorlog en honger en pes? Die Here het gesê dit sal gebeur met 'n volk wat nie die koning van Babel dien nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hoekom wil u en u mense doodgaan in ’n oorlog? Hoekom wil julle van honger of in ’n epidemie sterf? Die Here het gesê dit is wat sal gebeur met enige volk wat hulle nie aan die koning van Babel oorgee nie. |