Jeremiah 27:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het ook met Sedekía, die koning van Juda, gespreek volgens al hierdie woorde en gesê: Bring julle nekke onder die juk van die koning van Babel, en dien hom en sy volk en lewe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het toe dieselfde boodskap aan koning Sedekia van Juda herhaal en gesê: “As julle wil bly lewe, moet julle julle oorgee aan die koning van Babel. Dien hom en sy mense. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarna het ek met Sedek¡a, die koning van Juda, volgens al hierdie woorde gespreek en gesê: Bring julle nekke onder die juk van die koning van Babel, en dien hom en sy volk, dat julle kan lewe. |
| Afrikaans 1983 | Ek het dieselfde opdrag gegee aan koning Sedekia van Juda. Ek het gesê: Buig onder die juk van Babel se koning en dien hom en sy volk en bly so aan die lewe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vir Sedekia, koning van Juda, het ek toe al hierdie woorde gesê: “Steek julle nekke onder die juk van die koning van Babilonië in, en dien hom en sy volk, sodat julle kan leef! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek, Jeremia, het toe eers al hierdie dinge vir Sedekia koning van Juda gaan sê. Ek het gesê: “Julle moet die juk van die koning van Babel dra en julle moet hom dien. Dan sal julle aanhou lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het toe dieselfde boodskap aan koning Sedekia van Juda herhaal en gesê: “As julle wil bly leef, moet julle julle oorgee aan die koning van Babel. Werk vir hom en sy mense en julle sal bly leef. |