Jeremiah 27:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die nasies wat hulle nek onder die juk van die koning van Babel bring en hom dien, dié sal Ek laat stilbly in hulle land, spreek die HERE; en hulle moet dit bewerk en daarin woon. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die volke wat hulle onderwerp aan die koning van Babel en hom dien, sal Ek toelaat om in hulle eie land agter te bly. Hulle kan aangaan om te boer en in hulle land te woon, sê die Here!’” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die nasie wat sy nek sal bring onder die juk van die koning van Babel en hom sal dien, die sal Ek in sy land laat bly, spreek die HERE, en hulle sal dit bewerk en daarin woon. |
| Afrikaans 1983 | Maar die nasie wat onder die juk van Babel se koning buig en hom dien, sal Ek in sy vaderland laat bly, sê die Here, en hy sal sy land bewerk en daar woon. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die nasie wat sy nek onder die juk van die koning van Babilonië insteek en hom dien – Ek sal hulle op hulle grond laat bly, is die uitspraak van die Here, en hulle sal dit bewerk en daarop woon.” ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Ek sal die volk wat die juk van die koning van Babel dra en hom dien, op hulle grond laat bly. Hulle sal in die grond werk en daar woon.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar al die volke wat hulle aan die koning van Babel oorgee en vir hom werk, sal Ek toelaat om in hulle eie land te bly. Hulle sal kan aangaan om die grond te ploeg en daar te bly soos hulle gewoond was,” sê die Here. |