Jeremiah 27:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In die begin van die regering van Jojakim, die seun van Josia, die koning van Juda, het hierdie woord van die HERE tot Jeremia gekom en gesê:
Afrikaans (NLV) 2011 Met die aanvang van die regering van koning Sedekia van Juda het die Here vir Jeremia ’n boodskap gegee. Sedekia was die seun van Josia.
Afrikaans 1933/1953 In die begin van die regering van Sedek¡a, die seun van Jos¡a, koning van Juda, het van die HERE hierdie woord tot Jeremia gekom:
Afrikaans 1983 Kort nadat Sedekia seun van Josia koning van Juda geword het, het hierdie woord van die Here tot Jeremia gekom:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aan die begin van Sedekia, seun van Josia, koning van Juda, se regering, het hierdie woord van die Here tot Jeremia gekom:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het met my, Jeremia, gepraat. Dit was kort nadat Sedekia seun van Josia koning van Juda geword het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het vir Jeremia ’n boodskap gegee om oor te dra. Dit was toe Sedekia as koning van Juda begin optree het. Sedekia was ’n seun van koning Josia.