Jeremiah 26:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Waarom het jy in die Naam van die HERE geprofeteer deur te sê: Hierdie huis sal wees soos Silo, en hierdie stad sal 'n wildernis wees sonder dat daar inwoner is? En die hele volk het teen Jeremia versamel in die huis van die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het gevra: “Wie gee jou die reg om namens die Here te profeteer en te sê: Wat met Silo gebeur het, sal ook met hierdie stad gebeur? Wie is jy om te sê dat hierdie stad verlate en sonder enige inwoners sal wees?” Al die mense het in die tempel van die Here om Jeremia saamgedrom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Waarom het jy in die Naam van die HERE geprofeteer en gesê: Hierdie huis sal soos Silo word, en hierdie stad sal verwoes word, sonder inwoner? En die hele volk het bymekaargekom teen Jeremia in die huis van die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Waarom tree jy in die Naam van die Here op as profeet en sê dan dat hierdie huis soos Silo sal word en dat hierdie stad verwoes sal word en sonder inwoners sal wees?” Die hele volk het in die huis van die Here om Jeremia saamgedrom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Waarom het jy in die Naam van die Here geprofeteer, ‘Soos Silo sal hierdie huis word, en hierdie stad sal 'n puinhoop wees, sonder inwoners ’?” Die hele volk het toe teen Jeremia saamgekom in die huis van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hoekom sê jy die Here het jou gestuur om te sê hierdie tempel sal afgebreek word soos die tempel in Silo en hierdie stad sal 'n hoop klippe word waar niemand woon nie?” Al die mense het bymekaargekom in die tempel en hulle was téén Jeremia. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het gevra: “Wie gee jou die reg om namens die Here te praat? Hoe kan jy sê dat die tempel net soos wat met Silo gebeur het, vernietig sal word? Wie is jy om te sê dat Jerusalem verlate en sonder enige mense sal wees?” Die mense wat daar voor die tempel om Jeremia saamgedrom het, het hom gedreig met hulle houding. |