Jeremiah 26:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Jeremia klaar gemaak het om alles te spreek wat die HERE hom beveel het om met die hele volk te spreek, het die priesters en die profete en die hele volk hom gevat en gesê: Jy sal sekerlik sterwe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jeremia het alles gesê wat die Here hom beveel het om vir die hele volk te sê. Toe hy klaar gepraat het, het die priesters, profete en die hele volk hom aangeval en geskreeu: “Maak hom dood!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe Jeremia klaar gespreek het alles wat die HERE beveel het om aan die hele volk te sê, het die priesters en die profete en die hele volk hom gegryp en gesê: Jy moet sekerlik sterwe! |
| Afrikaans 1983 | Toe Jeremia klaar vir die volk alles gesê het wat die Here hom beveel het om vir hulle te sê, het die priesters en die profete en die hele volk hom gepak en gesê: “Jy moet beslis sterf! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Net toe Jeremia klaar alles gesê het wat die Here hom beveel het om vir die hele volk te sê, het die priesters, die profete en die hele volk hom gegryp en gesê: “Jy moet beslis sterf! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe hy alles klaar gesê het wat die Here vir hom gesê het om vir al die mense te sê, het die priesters en die profete en al die mense hom gegryp en gesê: “Jy moet sterf. Dit is seker. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe hy klaar gepraat het en alles gesê het wat die Here vir hom gesê het om vir al die mense te sê, het die omstanders hom aangeval. Hulle het geskree: “Jy moet doodgemaak word oor wat jy sê!” |