Jeremiah 26:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | om te luister na die woorde van my knegte, die profete, wat Ek na julle gestuur het, wat vroeg opstaan en hulle stuur, maar julle het nie geluister nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het ook keer op keer my diensknegte — die profete — na julle gestuur, maar julle wou nie na hulle boodskappe luister nie. As julle nie luister nie, |
| Afrikaans 1933/1953 | om te luister na die woorde van my knegte, die profete, wat Ek na julle stuur, vroeg,n laat, sonder dat julle geluister het, |
| Afrikaans 1983 | Julle moet luister na wat my dienaars die profete sê, my profete wat Ek vroeg en laat na julle toe gestuur het sonder dat julle na hulle geluister het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en deur te luister na die woorde van my knegte, die profete, hulle wat Ek aanhoudend na julle stuur selfs al luister julle nie – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet luister na wat my dienaars, die profete, vir julle gesê het. Ek het aangehou om hulle na julle toe te stuur, maar julle het nie geluister nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het ook keer op keer my profete na julle gestuur om julle te waarsku. Nie dat julle julle juis aan hulle gesteur het nie. As julle my riglyne en my boodskappers aanhou ignoreer, |