Jeremiah 26:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As dit so is, sal hulle luister en elkeen bekeer van sy verkeerde weg, sodat Ek my kan bekeer van die onheil wat Ek van plan is om hulle aan te doen weens die boosheid van hulle handelinge.
Afrikaans (NLV) 2011 Miskien sal hulle luister en ophou om die verkeerde dinge te doen. Dan kan Ek my planne om hulle te vervolg vir die slegte dade wat hulle doen, verander.
Afrikaans 1933/1953 Miskien sal hulle luister en hulle bekeer elkeen van sy verkeerde weg; dan sal Ek berou hê oor die onheil wat Ek van plan is om hulle aan te doen weens die boosheid van hulle handelinge.
Afrikaans 1983 Miskien sal hulle luister en hulle van hulle verkeerde lewe bekeer. Dan sal Ek die straf herroep wat Ek oor hulle wou bring oor hulle sondige dade.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Miskien sal hulle luister en omdraai, elkeen weg van sy verkeerde pad. Dan sal Ek berou hê oor die onheil wat Ek van plan is om hulle aan te doen vanweë hulle bose dade.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Miskien sal die mense gehoorsaam wees en hulle lewe verander en nie meer slegte dinge doen nie. As hulle gehoorsaam is, dan sal Ek hulle nie straf oor die slegte dinge wat hulle gedoen het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Miskien sal hulle luister en ophou om die verkeerde goed te doen waarmee hulle besig is. Dan kan Ek my planne om hulle kwaad aan te doen vir die slegte goed wat hulle doen, verander.