Jeremiah 26:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die hand van Ahikam, die seun van Safan, was met Jeremia, dat hulle hom nie in die hand van die volk sou gee om hom dood te maak nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Agikam seun van Safan het ook by Jeremia gestaan. Hy het gekeer dat hulle Jeremia aan die skare oorgee om hom dood te maak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die hand van Ah¡kam, die seun van Safan, het Jeremia beskerm, sodat hy nie oorgegee is in die hand van die volk om hom dood te maak nie. |
| Afrikaans 1983 | Agikam seun van Safan was aan Jeremia se kant, met die gevolg dat hy nie aan die volk uitgelewer is sodat hulle hom kon doodmaak nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Agikam, seun van Safan, het Jeremia beskerm, sodat hy nie oorgelewer is in die hand van die volk, en hulle hom nie kon doodmaak nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Agikam seun van Safan het vir Jeremia beskerm, en daarom kon die mense nie vir Jeremia doodmaak nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Agikam, die seun van Safan, het Jeremia se kant gevat. Hy het gekeer dat hulle Jeremia aan die mense oorgee, want hulle wou hom doodmaak. |