Jeremiah 26:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het Uría uit Egipte gebring en hom na koning Jójakim gebring; wat hom met die swaard gedood het en sy lyk in die grafte van die gewone mense gegooi het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het Urija in Egipte gevang en na koning Jojakim toe teruggebring. Die koning het Urija laat teregstel en hom in ’n ongemerkte graf begrawe.
Afrikaans 1933/1953 Di, het Ur¡a uit Egipte weggevoer en hom by die koning Jojakim gebring; en hy het hom met die swaard verslaan en sy lyk op die grafte van die gewone mense gegooi.
Afrikaans 1983 en hulle het vir Urija in Egipte gaan haal en na koning Jojakim toe gebring. Hy het toe vir Urija met 'n swaard om die lewe gebring en sy lyk in die plek gegooi waar die gewone mense begrawe is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het Uria uit Egipte geneem en hom na koning Jojakim gebring. Dié het hom met die swaard neergevel en sy lyk in die begraafplek van gewone mense gegooi.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het Urija uit Egipte gebring en hulle het hom na koning Jojakim geneem. Die koning het toe vir Urija doodgemaak en hy het Urija se liggaam in die graf van die gewone mense gegooi.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het hom in Egipte gevang en na koning Jojakim toe teruggebring. Die koning het Urija met ’n swaard laat doodmaak. Daarna het hy hom tussen die gewone mense begrawe.