Jeremiah 26:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe koning Jójakim met al sy helde en al die vorste sy woorde hoor, het die koning probeer om hom dood te maak; maar toe Uría dit hoor, het hy bang geword en gevlug en na Egipte gegaan; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe koning Jojakim, van die offisiere van sy leër en van die leiers van Juda hoor wat hy sê, het die koning iemand gestuur om hom dood te maak. Maar toe Urija van die sameswering teen hom hoor, was hy baie bang. Hy het na Egipte toe gevlug. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar toe koning Jojakim en al sy helde en al die vorste sy woorde hoor, het die koning probeer om hom dood te maak. Maar Ur¡a het dit gehoor en bevrees geword en gevlug en in Egipte gekom. |
| Afrikaans 1983 | Toe koning Jojakim en al sy soldate en al sy amptenare hoor wat Urija sê, wou die koning hom doodmaak, maar Urija het dit te hore gekom en bang geword en Egipte toe gevlug. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe koning Jojakim en al sy keurtroepe en die •aanvoerders sy woorde hoor, het die koning probeer om hom dood te maak. Maar Uria het dit te hore gekom, bang geword, gevlug en in Egipte aangekom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe koning Jojakim en al sy soldate en al sy amptenare hoor wat hy sê, wou die koning hom doodmaak. Urija het dit gehoor en hy het bang geword en na Egipte gevlug. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe koning Jojakim, van die offisiere van sy leër en van die leiers van Juda hoor wat Urija te sê gehad het, het die koning iemand gestuur om hom dood te maak. Maar toe Urija van die sameswering teen hom hoor, was hy baie bang. Hy het toe Egipte toe gevlug. |