Jeremiah 26:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE; Gaan staan in die voorhof van die huis van die HERE en spreek met al die stede van Juda wat kom om in die huis van die HERE te aanbid, al die woorde wat ek jou beveel om met hulle te spreek; verminder nie 'n woord nie: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het gesê: “Gaan staan voor die tempel van die Here en sê vir die mense wat uit al die dorpe van Juda na die tempel kom om die Here te aanbid alles wat Ek jou beveel het om te sê. Moenie een woord verswyg nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | So sê die HERE: Gaan staan in die voorhof van die huis van die HERE, en spreek tot al die stede van Juda wat kom om te aanbid in die huis van die HERE, al die woorde wat Ek jou beveel het om aan hulle te sê; laat geen woord weg nie. |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here: Gaan staan in die voorhof van die huis van die Here en praat met al die mense wat uit al die stede van Juda kom om in die huis van die Here te aanbid. Jy moet alles wat Ek jou beveel, vir hulle sê. Jy mag nie 'n enkele woord weglaat nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “So sê die Here, ‘Gaan staan in die voorhof van die huis van die Here, en sê vir al die stede van Juda wat kom om in die huis van die Here in aanbidding te buig, al die woorde wat Ek jou beveel het om vir hulle te sê. Moenie een woord weglaat nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir Jeremia gesê: “Jy moet op die oop stuk grond by die tempel gaan staan en jy moet praat oor al die mense wat uit die stede van Juda kom om in die tempel te bid. Jy moet vir hulle alles sê wat Ek vir jou sê, jy moenie party woorde los nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het gesê: “Baie mense kom uit al die stede van Juda na die tempel om die Here te aanbid. Gaan staan in die voorste gedeelte van die tempel van die Here en praat met hierdie mense. Sê vir hulle alles wat Ek jou opdrag gegee het om te sê. Moenie een woord terughou nie. |