Jeremiah 26:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Het Hiskia, die koning van Juda, en die hele Juda hom enigsins doodgemaak? het hy die HERE nie gevrees en die HERE gesmeek nie, en die HERE het hom bekeer van die onheil wat Hy oor hulle gespreek het? So kan ons groot kwaad teen ons siele bewerk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Het koning Hiskia en die mense van Juda hom doodgemaak oor wat hy gesê het? Het die koning nie die Here uit eerbied aanbid en om genade gepleit nie? Die Here het toe besluit om Juda nie meer met ’n ramp te tref soos wat Hy gedreig het nie. As ons Jeremia doodmaak, sal ons groot onheil oor onsself bring.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Het Hisk¡a, koning van Juda, en die hele Juda hom ooit gedood? Het hy nie die HERE gevrees en die HERE om genade gesmeek, sodat dit die HERE berou het oor die onheil wat Hy teen hulle gespreek het nie? En ons is besig om ons siele 'n groot onheil te berokken! |
| Afrikaans 1983 | “Het koning Hiskia van Juda en die hele Juda toe vir Miga doodgemaak? Het Hiskia nie die Here gedien en om genade gesmeek nie? Het die Here nie die straf herroep wat Hy oor hulle aangekondig het nie? Ons is besig om 'n groot ramp oor ons te bring.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Het Hiskia, koning van Juda, en die hele Juda hom toe wel doodgemaak? Het Hiskia nie ontsag vir die Here gehad en die guns van die Here gesoek nie? En het die Here nie berou gehad oor die onheil wat Hy oor hulle aangekondig het nie? Ons is besig om groot onheil oor onsself te bring.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Koning Hiskia van Juda en al die mense van Juda het toe nie vir Miga doodgemaak nie. Nee, die koning het die Here gedien en hy het tot die Here gebid om genadig te wees. Toe het die Here sy besluit verander, Hy het hulle nie gestraf nie. En ons? Ons is nou besig om dinge te doen waaroor ons baie swaar sal kry.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Het koning Hiskia en die mense van Juda vir Miga doodgemaak omdat hy hierdie dinge gesê het? Nee, die koning het groot respek vir die Here gehad. Hy het in sy goeie boekies probeer kom. Die Here het toe besluit om Juda nie meer met ’n ramp te tref soos Hy eers wou doen nie. As ons Jeremia doodmaak, wie weet wat kan ons tref?” |