Jeremiah 26:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die vorste en die hele volk aan die priesters en die profete: Hierdie man is nie waardig om te sterwe nie, want hy het met ons gespreek in die Naam van die HERE onse God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het die leiers van Juda en al die mense vir die priesters en die sogenaamde profete gesê: “Hierdie man verdien nie die doodstraf nie, maar het namens die Here ons God met ons kom praat.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê die vorste en die hele volk aan die priesters en die profete: Hierdie man verdien nie die dood nie, want hy het met ons gespreek in die Naam van die HERE onse God. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê die amptenare en die hele volk vir die priesters en die profete: “Hierdie man mag nie die doodvonnis kry nie, want hy het met ons gepraat in die Naam van die Here ons God.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê die hoë amptenare en die hele volk vir die priesters en profete: “Hierdie man moet nie die doodsvonnis kry nie, want dit is in die Naam van die Here ons God dat hy met ons gepraat het.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die amptenare en al die mense het toe vir die priesters en die profete gesê: “Ons mag nie hierdie man doodmaak nie, want ons God die Here het hom gestuur om met ons te praat.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe het die leiers van Juda en die gewone mense vir die priesters en die sogenaamde profete van die Here gesê: “Hierdie man verdien nie die doodstraf nie. Hy het namens die Here ons God met ons kom praat.” |