Jeremiah 26:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar weet julle vir seker dat as julle my doodmaak, julle sekerlik onskuldige bloed oor julleself en oor hierdie stad en oor die inwoners daarvan sal bring; want die HERE het my waarlik na julle gestuur om al hierdie woorde te spreek in jou ore. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar weet verseker, as julle my doodmaak, maak julle ’n onskuldige persoon dood! En as julle dit doen, sal julle, hierdie stad en elke inwoner van die stad die verantwoordelikheid daarvoor moet dra. Ek praat die waarheid as ek sê die Here het my gestuur om hierdie boodskappe aan julle oor te dra.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar weet verseker as julle my doodmaak dat julle onskuldige bloed bring op julleself en op hierdie stad en op sy inwoners; want die HERE het my waarlik na julle gestuur om al hierdie woorde voor julle ore te spreek. |
| Afrikaans 1983 | Onthou net: As julle my doodmaak, sal julle die straf vir onskuldige bloedvergieting oor julle en oor hierdie stad en sy inwoners bring, want dit is so dat die Here my teen julle gestuur het om al hierdie dinge te sê sodat julle almal dit kan hoor.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar weet vir seker, as julle my doodmaak, bring julle onskuldige bloed oor julleself en oor hierdie stad en haar inwoners; want die waarheid is dat die Here my na julle gestuur het om ten aanhore van julle almal al hierdie woorde uit te spreek.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar julle moet dit baie goed besef, as julle my doodmaak, dan maak julle 'n onskuldige man dood. En dan sal die Here hierdie stad en sy mense straf, want Hy het regtig vir my gestuur om vir julle al hierdie dinge te sê.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar weet vir seker, as julle my doodmaak, maak julle ’n onskuldige mens dood. Julle, hierdie stad en al die mense van die stad sal die gevolge moet dra as julle dit doen. Ek praat die waarheid as ek sê dat die Here my gestuur het om al hierdie dinge vir julle te kom sê.” |