Jeremiah 26:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maak dan nou julle weë en julle handelinge reg, en luister na die stem van die HERE julle God; en die HERE sal hom berou oor die onheil wat Hy oor julle gespreek het.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar as julle begin reg lewe, goeie dinge doen en die Here gehoorsaam, sal Hy van plan verander en julle nie meer kwaad aandoen soos Hy gedreig het nie.
Afrikaans 1933/1953 Maak dan nou julle weë en julle handelinge goed, en luister na die stem van die HERE julle God; dan sal dit die HERE berou oor die onheil wat Hy teen julle gespreek het.
Afrikaans 1983 Maar as julle nou goed doen en julle gedrag en optrede verander en luister na wat die Here julle God vir julle sê, sal Hy die straf herroep wat Hy oor julle aangekondig het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom, laat julle doen en late goed wees, en luister na die stem van die Here julle God, sodat die Here berou kan hê oor die onheil wat Hy oor julle aangekondig het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En nou moet julle reg lewe en goeie dinge doen en gehoorsaam wees aan julle God. As julle dit doen, dan sal die Here julle nie straf soos Hy gesê het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar as julle nou ophou om verkeerde goed te doen en begin doen wat die Here julle God van julle verwag, sal Hy van plan verander en julle nie meer kwaad aandoen soos Hy gesê het Hy gaan doen nie.