Jeremiah 26:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Jeremia met al die vorste en met die hele volk gespreek en gesê: Die HERE het my gestuur om teen hierdie huis en teen hierdie stad te profeteer al die woorde wat julle gehoor het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het Jeremia homself teenoor die leiers en die hele volk begin verdedig. Hy het gesê: “Die Here het my gestuur om teen hierdie tempel en hierdie stad te profeteer. Julle het alles gehoor wat ek vir julle gesê het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Jeremia het al die vorste en die hele volk toegespreek en gesê: Die HERE het my gestuur om teen hierdie huis en teen hierdie stad te profeteer al die woorde wat julle gehoor het. |
| Afrikaans 1983 | Toe antwoord Jeremia al die amptenare en die hele volk: “Die Here het my gestuur om as profeet op te tree teen hierdie huis en teen hierdie stad en om alles te sê wat julle gehoor het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jeremia het egter al die hoë amptenare en die hele volk geantwoord: “Dit is die Here wat my gestuur het om teen hierdie huis en hierdie stad al die woorde wat julle gehoor het, te profeteer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jeremia het vir die amptenare en vir al die mense gesê: “Die Here hét my gestuur om alles teen hierdie tempel en hierdie stad te sê wat julle gehoor het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe het Jeremia homself begin verdedig teenoor die leiers en die mense. Hy het gesê: “Die Here het my gestuur met die boodskap wat met die tempel en met Jerusalem gaan gebeur. Elke liewe woord wat ek gepraat het, het die Here vir my gegee om te sê. |