Jeremiah 26:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het die priesters en die profete met die vorste en met die hele volk gespreek en gesê: Hierdie man is waardig om te sterwe; want hy het teen hierdie stad geprofeteer, soos julle met julle ore gehoor het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die priesters en die profete het toe hulle saak aan die leiers van Juda en al die mense gestel. Hulle het gesê: “Hierdie man moet die doodstraf kry! Julle het met julle eie ore gehoor hoe hy verraad pleeg, want hy het teen hierdie stad geprofeteer.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die priesters en die profete het met die vorste en met die hele volk gespreek en gesê: Hierdie man verdien die dood, want hy het geprofeteer teen hierdie stad, soos julle met jul ore gehoor het. |
| Afrikaans 1983 | en die priesters en die profete het vir hulle en vir die hele volk gesê: “Hierdie man moet die doodvonnis kry, want hy het as profeet hierdie dinge teen die stad gesê. Julle het dit self gehoor.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die priesters en profete sê toe vir die hoë amptenare en die hele volk: “Hierdie man moet die doodsvonnis kry, want hy het teen hierdie stad geprofeteer, soos julle met julle eie ore gehoor het.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priesters en die profete het toe vir die amptenare en vir al die mense gesê: “Hierdie man moet sterf, want hy sê die Here het hom gestuur om slegte dinge teen hierdie stad te sê. Julle het dit self gehoor.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die priesters en die profete het toe vir die leiers van Juda en al die mense wat daar rondgestaan het, gesê wat hulle dink. Hulle het gesê: “Hierdie man moet die doodstraf kry! Julle het met julle eie ore gehoor wat hy gesê het. Hy het gesê slegte goed gaan met Jerusalem gebeur.” |