Jeremiah 26:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe die vorste van Juda dit hoor, het hulle uit die huis van die koning opgegaan na die huis van die HERE en gaan sit by die ingang van die nuwe poort van die huis van die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die amptenare van Juda hierdie boodskap hoor, het hulle haastig van die paleis na die Here se tempel toe gegaan. Hulle het in die Nuwe Ingang van die tempel gaan sit.
Afrikaans 1933/1953 Toe die vorste van Juda hierdie woorde hoor, het hulle uit die huis van die koning opgegaan na die huis van die HERE; en hulle het gaan sit by die ingang van die Nuwe Poort van die huis van die HERE.
Afrikaans 1983 Toe die amptenare van Juda al hierdie dinge verneem, is hulle van die paleis af na die tempel toe. Hulle het by die nuwe poort van die tempel gaan sit,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die •hoë amptenare van Juda hierdie woorde hoor, het hulle van die paleis van die koning af opgegaan na die huis van die Here, en hulle het gaan sit by die ingang van die nuwe poort van die huis van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die amptenare van Juda het gehoor wat gebeur het, en hulle het uit die paleis na die tempel gekom. Hulle het gaan sit in die Nuwe Poort van die tempel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die leiers van Juda was in die paleis toe hulle die nuus hoor van wat voor die tempel gebeur het. Hulle het haastig van die paleis af na die Nuwe Ingang van die tempel gegaan. Daar het hulle ’n vergadering gehou.