Jeremiah 25:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, Ek stuur en neem al die geslagte van die noorde, spreek die HERE, en Nebukadrésar, die koning van Babel, my dienaar, en Ek sal hulle bring teen hierdie land en teen die inwoners daarvan en teen al hierdie nasies rondom, en Hy sal hulle met die banvloek tref en hulle 'n verbasing en 'n gespot en 'n ewige verwoesting maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | sal Ek al die leërs uit die noorde bymekaar laat kom, sê die Here, en koning Nebukadnesar van Babel wat in my diens is, sal hulle lei. Ek sal hulle teen hierdie land en almal wat in die land bly en teen die volke in julle omgewing laat optrek. Ek sal julle heeltemal vernietig en vir altyd verwoes. Mense sal skrik as hulle julle sien. Hulle sal julle verag en met julle spot. |
| Afrikaans 1933/1953 | laat Ek al die geslagte van die Noorde haal, spreek die HERE, en Nebukadr,sar, die koning van Babel, my dienaar; en Ek sal hulle bring oor hierdie land en sy inwoners en oor al hierdie nasies rondom, en Ek sal hulle met die banvloek tref en hulle maak 'n voorwerp van verbasing en van bespotting en ewige puinhope. |
| Afrikaans 1983 | vat Ek al die volke van die noorde, sê die Here, en Ek stuur hulle en my dienaar koning Nebukadnesar van Babel en Ek laat hulle optrek teen hierdie land en sy inwoners en teen al die nasies van die omgewing. Ek sal hulle uitroei en Ek sal hulle name vir altyd laat gebruik wanneer mense ander wil bang maak, wil skrikmaak of wil vervloek. Hulle lande sal vir altyd puinhope wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | kyk, Ek gaan al die familiegroepe van die noorde ontbied,’ is die uitspraak van die Here, ‘ook Nebukadresar, koning van Babilonië, my dienskneg, en Ek sal hulle bring na hierdie land en sy inwoners, en na al die omliggende nasies. Ek sal hulle met die banvloek tref, en hulle 'n skrikbeeld maak, die rede vir 'n gefluit, en puinhope vir altyd. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | daarom stuur Ek nou 'n boodskap na al die volke in die noorde, en na my dienaar Nebukadnesar, koning van Babel. Ek sal daardie mense bring teen hierdie land en teen almal wat hier woon en ook teen die volke rondom hierdie land. Hulle sal julle aanval en so sal Ek hierdie mense doodmaak. Ek sal julle land verwoes, mense sal skrik as hulle die land sien en hulle sal loop en fluit. Die stede sal hope klippe word wat altyd hier sal lê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | sal Ek al die volke uit die noorde bymekaar laat kom. Ook vir koning Nebukadnesar van Babel wat vir My sal werk. Ek sal hulle teen hierdie land en almal wat in die land bly, laat baklei. Hulle sal ook teen die volke wat in die omgewing is, baklei. Ek sal julle heeltemal vernietig. Mense sal skrik as hulle julle sien. Hulle sal minder as niks van julle dink en met julle spot. |