Jeremiah 25:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar julle het na My nie geluister nie, spreek die HERE; sodat julle My kan terg deur die werke van julle hande tot julle skade. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maar julle het nie na My geluister nie,” sê die Here. “Julle het My kwaad gemaak met die beelde wat julle gemaak het. So het julle julleself skade aangedoen. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar julle het na My nie geluister nie, spreek die HERE -- om My te terg met die werk van julle hande, julle tot skade. |
| Afrikaans 1983 | Maar julle het nie na My geluister nie, sê die Here. Julle het My bly tart met die afgodsbeelde wat julle gemaak het, en so het julle 'n ramp oor julleself gebring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar julle het nie na My geluister nie,’ is die uitspraak van die Here, ‘sodat julle My getart het met julle handewerk, tot julle eie nadeel.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar julle het nie geluister nie. Julle het My kwaad gemaak met die beelde wat julle self gemaak het, en daarom kry julle swaar.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Maar julle het nie na My geluister nie. Julle het My kwaad gemaak met die beelde wat julle aanbid het. So het julle vir julleself moeilikheid gemaak.” |