Jeremiah 25:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En moenie agter ander gode aan loop om hulle te dien en hulle te aanbid nie en My nie terg met die werke van u hande nie; en Ek sal jou geen kwaad doen nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie agter ander gode aanloop en hulle dien nie. Julle maak My baie kwaad wanneer julle buig voor gode wat julle met julle eie hande gemaak het. As julle dit staak, sal Ek geen kwaad aan julle doen nie.’
Afrikaans 1933/1953 en loop nie agter ander gode aan om hulle te dien en julle voor hulle neer te buig nie, en terg My nie met die werk van julle hande nie, dat Ek julle geen kwaad aandoen nie.
Afrikaans 1983 Julle mag nie ander gode aanhang, dien en vereer nie. Julle mag My nie tart met die afgodsbeelde wat julle gemaak het nie, want dan sal Ek rampe oor julle bring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moenie agter ander gode aanloop om hulle te dien en voor hulle in aanbidding te buig nie! Moet My nie tart met julle handewerk nie, sodat Ek julle nie kwaad aandoen nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moenie ander gode dien en aanbid nie. Julle moenie vir My kwaad maak met beelde wat julle self gemaak het nie. As julle gehoorsaam is, dan sal Ek julle nie laat swaarkry nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar julle moenie agter ander gode aanloop nie. Moet hulle ook nie dien of voor hulle buig nie. Julle maak My baie kwaad as julle dit doen, want julle het hierdie gode met julle eie hande gemaak. As julle hierdie gode nie so vereer nie, sal Ek niks slegs aan julle doen nie.