Jeremiah 25:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE het al sy knegte, die profete, na julle gestuur, vroeg opgestaan en hulle gestuur; maar julle het nie geluister en julle oor nie geneig om te hoor nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die Here het by herhaling sy diensknegte — die profete — na julle gestuur, maar julle het nie na hulle geluister nie. Julle het nie eers probeer hoor wat hulle wou sê nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook het die HERE al sy knegte, die profete, na julle gestuur, vroeg en laat -- maar julle het nie geluister of julle oor geneig om te hoor nie -- |
| Afrikaans 1983 | Die Here het vroeg en laat sy dienaars die profete na julle toe gestuur, maar julle het nie geluister nie, julle het nie eers probeer luister nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het al sy dienaars, die profete, aanhoudend na julle gestuur, maar julle het nie geluister nie. Julle het nie julle ore oopgemaak om te luister nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En die Here het al sy dienaars, die profete, na julle toe gestuur. Hy het aangehou om dit te doen, maar julle het nie geluister nie, julle was ongehoorsaam. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het weer en weer sy profete na julle toe gestuur, maar dit het nie gehelp nie. Julle het nie na hulle geluister nie. Om die waarheid te sê, julle het nie eens probeer om te hoor wat hulle wou sê nie. |