Jeremiah 25:38 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy het sy skuilplek verlaat, soos 'n leeu, want hulle land is woes vanweë die grimmigheid van die verdrukker en vanweë sy toorngloed.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy is soos ’n leeu wat sy lêplek verlaat op soek na ’n prooi. Hulle land word verwoes deur die vyand se swaard en die Here se woede.
Afrikaans 1933/1953 Hy het soos 'n jong leeu sy lêplek verlaat; want hulle land het 'n woesteny geword weens die gewelddadige swaard, ja, weens sy toorngloed.
Afrikaans 1983 Die herder sal sy hut verlaat soos die leeu van sy lêplek af padgee. Hulle land sal verlate wees. Die toorn wat alles platvee, die gloeiende toorn van die Here sal dit alles doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Soos 'n jong leeu het Hy sy lêplek verlaat; want hulle land het 'n woesteny geword vanweë die gewelddadige swaard, ja, vanweë sy brandende toorn.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here is soos 'n leeu wat uit sy lêplek kom. Die Here het kwaad geword en vyande gestuur om die lande te oorwin en die mense weg te vat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here is soos ’n leeu wat uit sy lêplek gekom het op soek na ’n prooi. Hy sal teen die vyand optrek en hulle land verwoes. Dit sal gebeur omdat mense uit wraak doodgemaak sal word en omdat die Here vreeslik kwaad is.