Jeremiah 25:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) 'n Stem van die geroep van die herders en 'n gehuil van die owerste van die kudde sal gehoor word, want die HERE het hulle weiveld verwoes.
Afrikaans (NLV) 2011 Hoor hoe huil die herders en kla die leiers van die kudde. Die Here het hulle weivelde verwoes.
Afrikaans 1933/1953 Hoor! Geskreeu van die herders en gehuil van die maghebbers van die kudde, omdat die HERE hulle kudde verwoes.
Afrikaans 1983 Luister hoe skreeu die herders, hoe huil die leiers van die kudde, want die Here vernietig hulle weiveld.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hoor die geroep om hulp van die herders, die gehuil van die maghebbers oor die kleinvee, want die Here verwoes hulle weivelde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Luister hoe skree die herders, hulle vra iemand moet hulle help. Luister hoe huil die leiers, want die Here verwoes hulle lande.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hoor hoe huil en kla die leiers van die mense. Die Here het hulle vreedsame land verwoes.