Jeremiah 25:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Huil, julle herders, en huil; en wentel julle in die as, o owerste van die kudde, want die dae van julle slagting en van julle verstrooiings is verby; en julle sal val soos 'n lieflike voorwerp. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle herders, julle moet huil en kla. Leiers, rol in die stof rond van hartseer! Die tyd van julle slagting het aangebreek. Julle sal soos ’n kleipot val en aan skerwe breek! |
| Afrikaans 1933/1953 | Huil, o herders, en skreeu, en wentel julle in die as, julle maghebbers van die kudde; want vol is julle dae om geslag te word, en Ek sal julle verbrysel, en julle sal val soos 'n kosbare voorwerp. |
| Afrikaans 1983 | Huil, herders, roep om hulp, rol in die stof, leiers van die kudde! Die dag het gekom dat julle geslag word. Julle sal tot 'n val kom. Ek sal julle stukkend slaan al is julle soos kosbare erdewerk. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ “Huil, herders, en roep om hulp! Rol in die as, maghebbers oor die kleinvee! Want vir julle het die dae aangebreek om geslag te word. Ek sal julle stukkend slaan, en julle sal val soos 'n kosbare houer.” ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Herders, julle moet huil en vra dat iemand julle moet help. Julle wat oor mense regeer, julle moet in die as rol, want die tyd het nou gekom, die vyande sal julle slag. Vyande sal julle na al die kante toe jaag, en julle sal stukkend breek soos 'n kleipot. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Leiers, julle is soos herders vir die mense. Julle moet huil en kla en in die stof rondrol van hartseer. Die tyd het gekom dat julle soos skape geslag gaan word. Julle sal soos ’n kleipot val en in skerwe breek. |