Jeremiah 25:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die wat deur die HERE verslaan is, sal in dié dag wees van die een einde van die aarde tot die ander einde van die aarde; hulle sal nie beklaag of versamel of begrawe word nie; hulle sal mis op die grond wees.
Afrikaans (NLV) 2011 In dié tyd sal die mense wat deur die Here verslaan is, van een kant van die aarde na die ander kant dood lê. Niemand sal oor hulle huil nie. Niemand sal ook die lyke bymekaarmaak en begrawe nie. Hulle sal soos mis oor die grond versprei lê.
Afrikaans 1933/1953 En die wat deur die HERE verslaan is, sal die dag lê van die een einde van die aarde tot die ander einde van die aarde; hulle sal nie beklaag of versamel of begrawe word nie; hulle sal mis op die aarde wees.
Afrikaans 1983 Daardie dag sal dié wat deur die Here verslaan is, van die een uithoek van die aarde af tot in die ander uithoek lê. Niemand sal oor hulle treur nie, hulle sal nie bymekaargemaak en begrawe word nie. Hulle sal soos mis op die grond bly lê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En dié wat deur die Here verslaan is, sal op daardie dag van die een einde van die aarde tot by die ander einde van die aarde lê. Oor hulle sal nie gerou word nie, en hulle sal nie bymekaargemaak of begrawe word nie. Hulle sal mis word op die grond.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sal daardie dag baie mense laat sterf. Hulle liggame sal oral in die hele wêreld lê. Niemand sal oor hulle rou nie, en niemand sal hulle bymekaarmaak en hulle begrawe nie. Hulle sal soos hope mis op die grond lê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In dié tyd sal die mense wat deur die Here afgemaai is, oral oor die aarde dood lê. Niemand sal oor hierdie mense huil nie. Niemand sal die lyke bymekaarmaak en begrawe nie. Hulle sal soos mis oor die grond versprei lê.