Jeremiah 25:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE van die leërskare: Kyk, onheil sal uitgaan van nasie tot nasie, en 'n groot warrelwind word opgewek van die streke van die aarde af. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here, die Almagtige, sê: “Let op, rampe gaan die een volk na die ander tref! ’n Groot storm bou op vanaf die verste uithoeke van die aarde!” |
| Afrikaans 1933/1953 | So sê die HERE van die leërskare: Kyk, onheil gaan uit van volk tot volk, en 'n groot storm word opgewek uit die agterhoeke van die aarde. |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here die Almagtige: Daar trek 'n ramp van nasie tot nasie, 'n groot storm steek op van die uithoeke van die aarde af. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘So sê die Here, Heerser oor alle magte: “Kyk, rampe tref nasie ná nasie; 'n groot storm steek op aan die uithoeke van die aarde.” ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here wat oor alles regeer, sê: “Julle moet kyk, dit sal sleg gaan met al die volke, met die een volk ná die ander volk. Daar kom 'n groot stormwind van die verste plekke op die aarde.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here wat sterker as alles en almal is, sê: “Let ’n bietjie op, die een volk na die ander gaan deur ’n ramp getref word! ’n Groot storm bou op in die verste uithoeke van die aarde.” |