Jeremiah 25:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | 'n Geruis kom tot aan die eindes van die aarde; want die HERE het 'n twis met die nasies, Hy sal die stryd voer met alle vlees; die goddeloses sal Hy aan die swaard gee, spreek die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy gebrul sal oor die aarde weergalm, want die Here maak ’n saak teen al die nasies. Hy oordeel al die mense van die wêreld. Boosdoeners laat Hy in oorloë sterf. Dit is wat die Here sê.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | Oorlogsrumoer het gekom tot by die einde van die aarde, want die HERE het 'n twis met die nasies, Hy hou gerig oor alle vlees. Die goddelose -- aan die swaard het Hy hulle oorgegee, spreek die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Die klank sal trek tot in die uithoeke van die aarde, want die Here kla die nasies aan, Hy sal al die mense straf, die goddeloses aan die oorlog uitlewer, sê die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Krygsgeskreeu galm tot aan die einde van die aarde, want die Here kla die nasies aan, die vonnis geld alle mense; goddeloses gee Hy oor aan die swaard,’ ” is die uitspraak van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die mense op die aarde sal dit hoor, want die Here is die Regter oor die volke, Hy sal almal oordeel, almal wat lewe, En Hy sal die mense wat skuldig is, in oorlog laat sterf.” Dit sê die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sy geskree sal oor die hele aarde weergalm. Die Here gaan ’n saak maak teen al die nasies. Hy sal soos ’n regter al die mense van die wêreld straf. Mense wat slegte dinge gedoen het, sal Hy in die oorlog laat doodgaan. Dít is wat die Here sê sal gebeur.” |