Jeremiah 25:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, profeteer al hierdie woorde teen hulle en sê vir hulle: Die HERE sal brul uit die hoogte en sy stem verhef uit sy heilige woning; hy sal sterk brul oor sy woning; soos die wat druiwe trap, sal hy 'n geroep uitroep teen al die bewoners van die aarde.
Afrikaans (NLV) 2011 “Profeteer vir almal hierdie boodskappe en sê vir hulle: “‘Die Here sal uit die hoogte brul. Uit sy heilige woonplek sal Hy sy stem laat bulder teen sy eie mense. Hy roep ook hard teen al die mense op die aarde. En sy stem klink soos die geskreeu van mense wat druiwe pars.
Afrikaans 1933/1953 Jy moet dan al hierdie woorde vir hulle profeteer en aan hulle sê: Die HERE sal brul uit die hoogte en sy stem verhef uit sy heilige woning! Geweldig sal Hy brul oor sy woonplek; soos druiwetrappers sal Hy 'n vreugdegeroep aanhef teen al die inwoners van die aarde.
Afrikaans 1983 Jy moet as profeet optree teen hulle en dit alles vir hulle sê: Die Here brul in die hoogte, Hy laat sy stem hoor in sy heilige woonplek, Hy brul hard teen sy weiveld, Hy roep van vreugde soos dié wat druiwe trap, Hy sing 'n klaaglied oor al die bewoners van die land.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “En jy, jy moet al hierdie woorde teen hulle profeteer. Jy moet vir hulle sê, ‘Die Here, uit die hoogte sal Hy brul, uit sy heilige woning sal Hy sy stem laat hoor. Hy brul geweldig teen sy blyplek. 'n Kreet soos van druiwetrappers hef Hy aan teen al die bewoners van die aarde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê ook: “En jy, Jeremia, jy moet hierdie boodskap vir hulle bring, jy moet al hierdie woorde vir hulle sê: “Die Here sal hard skree, soos 'n leeu wat brul, Hy sal praat uit die hemel, uit sy gewyde woonplek. Hy sal skree soos die mense wat druiwe trap en Hy sal praat met almal wat op die aarde woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Jeremia, jy moet vir hulle almal hierdie boodskap gee, al wil hulle dit nie graag hoor nie. Sê vir hulle: Soos die donderweer dreigend dreun, so sal die Here ook dreigend optree. Uit sy blyplek wat hoog in die hemel en baie spesiaal is, kan ’n mens sy gedreun hoor. Sy magtige gedreun is vir sy eie mense bedoel. Hy skree ook hard vir al die mense op die aarde. Sy stem klink soos die geskree van mense wat met druiwe by die wynpers werk.