Jeremiah 25:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Van die dertiende jaar van Josia, die seun van Amon, die koning van Juda af, tot vandag toe, dit is die drie en twintigste jaar, het die woord van die HERE tot my gekom, en Ek het met julle gespreek, vroeg opgestaan en gespreek; maar julle het nie geluister nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Dit is nou al 23 jaar dat die Here vir my boodskappe gee. Vandag gee Hy my nog boodskappe vir julle. Dit het begin in die dertiende jaar dat Josia seun van Amon koning van Juda was. Ek het altyd al hierdie boodskappe aan julle oorgedra, maar julle het julle nie daaraan gesteur nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Vanaf die dertiende jaar van Jos¡a, die seun van Amon, die koning van Juda, tot op hierdie dag -- nou drie en twintig jaar lank -- het die woord van die HERE tot my gekom; en ek het julle toegespreek, vroeg en laat, maar julle het nie geluister nie. |
| Afrikaans 1983 | Van die dertiende jaar van koning Josia van Juda, seun van Amon, af tot nou toe, drie en twintig jaar lank, het die woord van die Here tot my gekom. Ek het vroeg en laat met julle gepraat, maar julle het nie geluister nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Vanaf die dertiende regeringsjaar van Josia, seun van Amon, koning van Juda, tot op hierdie dag, drie-en-twintig jaar lank, het die woord van die Here tot my gekom. Ek het aanhoudend met julle gepraat, maar julle het nie geluister nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jeremia het gesê: “Ek het 23 jaar lank gehoor wat die Here vir my gesê het. Dit het begin in die dertiende jaar nadat Josia seun van Amon koning van Juda geword het. Ek het aangehou om met julle te praat, maar julle het nie geluister nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Dit is nou vir 23 jaar wat die Here vir my boodskappe gee. Vandag nog sê Hy steeds vir my wat om vir julle te sê. Dit het begin in die dertiende jaar wat Josia koning van Juda was. Koning Josia was die seun van Amon. Ek het altyd vir julle gesê wat die Here sê, maar julle het julle nie daaraan gesteur nie. |