Jeremiah 25:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want kyk, Ek begin onheil oor die stad bring waaroor my Naam uitgeroep is, en moet julle heeltemal ongestraf bly? Julle sal nie ongestraf bly nie, want Ek sal die swaard roep oor al die bewoners van die aarde, spreek die HERE van die leërskare.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het reeds begin om Jerusalem te straf, die stad wat My geëer het. Moet Ek hierdie stad oorsien? Hoe kan julle ooit dink om straf vry te spring? Julle het geen kans om dit vry te spring nie. Ek gaan al die inwoners van die wêreld in oorlog dompel. Ek is die Here, die Almagtige. Ek sê dit!’
Afrikaans 1933/1953 Want kyk, in die stad waaroor my Naam uitgeroep is, begin Ek met onheile -- en sal julle heeltemal ongestraf bly? Julle sal nie ongestraf bly nie, want Ek roep die swaard op teen al die inwoners van die aarde, spreek die HERE van die leërskare.
Afrikaans 1983 Kyk, Ek begin 'n ramp bring oor die stad waaroor my Naam uitgeroep is, en wil julle los uitstap, sonder om gestraf te word? Nee, Ek het die oorlog teen al die bewoners van die aarde ingeroep, sê die Here die Almagtige.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want kyk, in die stad waaroor my Naam uitgeroep is, begin Ek met die onheil – sal julle dan enigsins vryspring? Julle sal nie vryspring nie, want Ek gaan 'n swaard oproep teen al die inwoners van die aarde,” ’ ” is die uitspraak van die Here, Heerser oor alle magte.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek begin eerste by die stad wat aan My behoort en Ek laat hulle swaarkry, maar julle moenie dink Ek sal nie vir júlle straf nie. Nee, Ek sal júlle ook straf, want Ek bring mense om oorlog te maak teen almal wat op die aarde woon.” Dit sê die Here wat oor alles regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het reeds begin om Jerusalem te straf. Die stad word my stad genoem. As Ek my stad nie oorsien nie, hoe sal julle ooit kan dink om straf vry te spring? Julle het geen kans om dit vry te spring nie. Ek laat al die inwoners van die wêreld oorlog maak. Ek is die Here wat sterker as alles en almal is en Ek sê dit!