Jeremiah 25:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as hulle weier om die beker uit jou hand te neem om te drink, moet jy vir hulle sê: So spreek die HERE van die leërskare; Julle sal beslis drink.
Afrikaans (NLV) 2011 As hulle weier om die beker te drink, sê vir hulle: ‘Die Here, die Almagtige, sê julle het nie ’n keuse nie, drink!
Afrikaans 1933/1953 En as hulle weier om die beker uit jou hand te neem om te drink, moet jy vir hulle sê: So spreek die HERE van die leërskare: Drink s l julle!
Afrikaans 1983 Wanneer hulle weier om die beker uit jou hand te vat om te drink, moet jy vir hulle sê: So sê die Here die Almagtige: Drink sal julle drink!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar as hulle weier om die beker uit jou hand te neem en te drink, moet jy vir hulle sê, ‘So sê die Here, Heerser oor alle magte: “Julle móét drink!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En as hulle nie van jou die beker wil neem en wil drink nie, dan moet jy vir hulle sê: Die Here wat oor alles regeer, sê: Julle sal móét drink.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En as hulle vasskop en nie uit die beker wil drink nie, sê vir hulle: ‘Die Here sê, julle het nie ’n keuse nie, drink!’