Jeremiah 25:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom moet jy vir hulle sê: So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel; Drink en word dronk en spuug en val en staan nie meer op vanweë die swaard wat Ek onder julle sal stuur nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het die Here vir my gesê: “Ek is die Here, die Almagtige, die God van Israel. Sê vir hulle: ‘Drink totdat julle dronk is en opgooi. Drink totdat julle val en nie weer kan opstaan nie. Dit is wat met julle gaan gebeur in die oorlog wat Ek oor julle bring.’
Afrikaans 1933/1953 En jy moet vir hulle sê: So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Drink en word dronk en spuug en val neer en staan nie weer op nie weens die swaard wat Ek onder julle stuur.
Afrikaans 1983 Jy moet vir hulle sê: So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Drink en word dronk en braak en val! Julle sal nie opstaan nie. Dit sal gebeur deur die oorlog wat Ek onder julle sal loslaat.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Jy moet vir hulle sê, ‘So sê die Here, Heerser oor alle magte, die God van Israel: “Drink, word dronk, bring op, val neer sodat julle nie weer opstaan nie, vanweë die swaard wat Ek onder julle instuur.” ’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het gesê ek moet vir hulle sê: “Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Julle moet drink en dronk word en opbring en val en nie weer opstaan nie, want Ek stuur mense om oorlog te maak teen julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het die Here vir my gesê: “Ek is die Here wat sterker as alles en almal is, die God van Israel. Sê vir hulle: ‘Drink totdat julle dronk is en opgooi. Drink totdat julle val en nie weer kan opstaan nie. Dit is wat met julle sal gebeur in die oorlog waarin Ek julle gaan laat beland.’