Jeremiah 25:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En al die konings van die noorde, ver en naby, die een met die ander, en al die koninkryke van die wêreld wat op die aarde is, en die koning van Sesag sal agter hulle aan drink.
Afrikaans (NLV) 2011 Die konings van die lande in die noordelike gebiede, dié wat naby en dié wat ver was, het almal uit die beker gedrink. Al die konings van die wêreld moes daaruit drink. En laaste van almal sal die koning van Babel uit hierdie beker drink.
Afrikaans 1933/1953 en al die konings van die Noorde wat naby en ver is, die een ndie ander; ja, al die koninkryke van die aarde wat op die aardbodem is. En die koning van Sesag sal nhulle drink.
Afrikaans 1983 al die konings van die noorde, dié wat naby is en dié wat ver is, een na die ander, al die koninkryke wat oor die hele aarde versprei is. Heel laaste moet die koning van Sesak die beker drink.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) al die konings van die noorde, dié wat naby en dié wat ver van mekaar af is. Ja, dit geld vir al die koninkryke van die wêreld oor die hele oppervlakte van die aarde. Die koning van Sjesjag sal ná hulle drink.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en al die konings in die noorde, ver van mekaar of naby mekaar. Al die konings van die aarde wat op die aarde woon, moes uit die beker drink. En ná hulle moes die koning van Babel drink.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al die konings van die wêreld moes daaruit drink. En laaste van almal moet die koning van Babel uit hierdie beker van die Here se woede drink.