Jeremiah 25:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Te wete Jerusalem en die stede van Juda en sy konings en sy vorste, om hulle 'n woesteny, 'n verbasing, 'n gefluister en 'n vloek te maak; soos dit vandag is;
Afrikaans (NLV) 2011 Jerusalem en die ander dorpe van Juda het uit die beker gedrink, saam met hulle konings en leiers. Van toe af is die land verwoes en verlate gemaak, ’n voorwerp van spot en ’n vloek. Dit is vandag nog steeds die geval.
Afrikaans 1933/1953 naamlik Jerusalem en die stede van Juda en sy konings en sy vorste, om hulle te maak 'n puinhoop, 'n voorwerp van verbasing, van bespotting en van vervloeking soos dit vandag is;
Afrikaans 1983 om hulle te verwoes en om hulle name dan te laat gebruik wanneer mense ander wil bang maak, wil skrikmaak of wil vervloek: Jerusalem, die stede van Juda, sy konings en sy amptenare;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jerusalem en die stede van Juda, haar konings en •hoë amptenare – om daarvan 'n puinhoop, 'n skrikbeeld, die rede vir 'n gefluit en 'n vervloeking te maak, soos dit vandag is;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het eerste na Jerusalem en die stede van Juda gegaan, en ek het hulle konings en amptenare laat drink. Die stede het hope klippe geword, en daar het toe niemand gewoon nie. Mense het daar geloop en fluit. Die Here het die land vervloek, daarom lyk die land vandag so sleg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense van Jerusalem en die ander dorpe van Juda het uit die beker gedrink. Verder ook hulle konings en die leiers van Jerusalem en Juda. Hulle moes uit die beker drink sodat hulle land verwoes kon word en leeg sou staan. Dit is ’n vreeslike gesig om te sien. So is dit nog steeds vandag die geval.