Jeremiah 25:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het ek die beker uit die hand van die HERE geneem en al die nasies na wie die HERE my gestuur het, laat drink.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het toe die beker by die Here gevat en na al die nasies gegaan na wie Hy my gestuur het. Ek het hulle uit die beker laat drink.
Afrikaans 1933/1953 En ek het die beker uit die hand van die HERE geneem en al die volke laat drink na wie die HERE my gestuur het;
Afrikaans 1983 Ek het die beker uit die hand van die Here gevat en al die nasies na wie toe Hy my gestuur het, laat drink
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het toe die beker uit die hand van die Here geneem, en al die nasies na wie die Here my gestuur het, laat drink:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het die beker geneem wat die Here vir my gegee het. Ek het na al daardie volke toe gegaan en ek het die mense laat drink.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het die beker by die Here gevat en na al die nasies toe gegaan na wie die Here my gestuur het. Ek het hulle toe uit die beker laat drink.