Jeremiah 25:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want so sê die HERE, die God van Israel, vir my: Neem die wynbeker van hierdie grimmigheid uit my hand en laat al die nasies na wie Ek jou stuur, dit drink.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here, die God van Israel, het vir my gesê: “Hierdie wynbeker in my hand is vol van my woede. Neem dit na die nasies waarheen Ek jou stuur en laat hulle daaruit drink.
Afrikaans 1933/1953 Want so het die HERE, die God van Israel, vir my gesê: Neem hierdie beker van die wyn van grimmigheid uit my hand en gee dit om te drink aan al die nasies na wie Ek jou stuur,
Afrikaans 1983 So het die Here die God van Israel vir my gesê: Vat hierdie beker uit my hand. Dit is gevul met die wyn van my toorn. Jy moet al die nasies na wie toe Ek jou stuur, daaruit laat drink.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, so het die Here, die God van Israel, vir my gesê, ‘Neem hierdie beker met die wyn van woede uit my hand en laat al die nasies na wie Ek jou sal stuur, daaruit drink.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here, die God van Israel, het vir my gesê: “Ek gee vir jou hierdie beker met die giftige wyn. Ek stuur jou na verskillende volke toe, en jy moet hulle almal laat drink van die wyn.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here, die God van Israel, het vir my gesê: “Hierdie wynbeker in my hand is vol van my woede. Vat dit na die nasies toe waarheen Ek jou stuur en laat hulle daaruit drink.