Jeremiah 25:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as sewentig jaar verby is, sal Ek besoeking doen oor die koning van Babel en daardie nasie, spreek die HERE, oor hulle ongeregtigheid en die land van die Chaldeërs, en Ek sal dit ewige verwoestings maak.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ná die 70 jaar sal Ek die koning van Babel en sy mense straf oor hulle sonde, sê die Here. Ek sal hulle land vir altyd verwoes.
Afrikaans 1933/1953 En as sewentig jaar vol is, sal Ek oor die koning van Babel en oor die nasie, spreek die HERE, hulle ongeregtigheid besoek, en oor die land van die Chaldeërs, en sal dit ewige wildernisse maak.
Afrikaans 1983 Maar wanneer die sewentig jaar om is, sal Ek die koning van Babel en daardie nasie in Galdeërland straf vir al hulle sondes, sê die Here. Ek sal hulle land vir altyd verwoes laat lê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘Maar as die sewentig jaar verby is,’ is die uitspraak van die Here, ‘sal Ek oor hulle sondeskuld rekenskap eis van die koning van Babilonië en van daardie nasie, en van die land van die Galdeërs. Ek sal dit vir altyd woestenye maak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar wanneer die 70 jaar verby is, dan sal Ek die koning van Babel en sy mense in Galdeër-land straf oor wat hulle gedoen het. Dan sal daar nie meer mense in daardie land woon nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Na die 70 jaar sal Ek die koning van Babel en sy mense straf vir alles wat hulle verkeerd gedoen het. Ek sal hulle land vir altyd verwoes.