Jeremiah 25:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verder sal Ek van hulle wegneem die stem van vreugde en die stem van blydskap, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid, die geluid van die meulstene en die lig van die kers. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal sorg dat julle nie meer sal bly wees en lag nie. Die vrolike stemme van bruidegomme en bruide sal ook nie meer opklink nie. Julle besighede sal bankrot wees en julle huise stil en donker. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal uit hulle laat verdwyn die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid, die geluid van die handmeul en die lig van die lamp. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal blydskap en vreugde van hulle af wegvat: die huweliksfeeste, die klank van die maalklippe en die lig van die lampe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal by hulle die klank van vrolikheid en vreugde laat verdwyn, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid, die geskuur van maalklippe en die lig van lampe. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Niemand sal hier feesvier nie en niemand sal trou nie, niemand sal in die oggend koring maal en niemand sal in die aand 'n lamp opsteek nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal sorg dat julle nie meer bly sal wees en lag nie. Selfs die vrolikheid by troues sal nie meer gehoor word nie. Die meule waarmee koring gemaal word, sal stil wees. Daar sal ook nie meer in die aand lig in die huise wees nie, want daar sal nie meer mense oor wees nie. |