Jeremiah 25:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die woord wat tot Jeremia gekom het oor die hele volk van Juda in die vierde jaar van Jójakim, die seun van Josia, die koning van Juda, dit was die eerste jaar van Nebukadrésar, die koning van Babel; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In die vierde jaar wat Jojakim seun van Josia koning van Juda was, het Jeremia ’n boodskap oor al die mense van Juda ontvang. Dit was die eerste jaar van Nebukadnesar se bewind in Babel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die woord wat tot Jeremia gekom het aangaande die hele volk van Juda, in die vierde jaar van Jojakim, die seun van Jos¡a, die koning van Juda -- dit was die eerste jaar van Nebukadr,sar, die koning van Babel -- |
| Afrikaans 1983 | In die vierde regeringsjaar van koning Jojakim van Juda, seun van Josia, dit was die eerste regeringsjaar van koning Nebukadnesar van Babel, het daar 'n woord tot Jeremia gekom teen die hele volk Juda. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is die woord wat tot Jeremia gekom het oor die hele volk van Juda, in die vierde regeringsjaar van Jojakim, seun van Josia, koning van Juda. Dit was in die eerste regeringsjaar van Nebukadresar, koning van Babilonië, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jeremia het gehoor die Here praat met hom oor al die mense van Juda. Dit was in die vierde jaar nadat Jojakim seun van Josia koning van Juda geword het. Dit was ook die eerste jaar nadat Nebukadnesar koning van Babel geword het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In die vierde jaar wat Jojakim koning van Juda was, het die Here met Jeremia oor die mense van Juda gepraat. Dit was die eerste jaar wat Nebukadnesar koning van Babel was. |