Jeremiah 24:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal hulle oorgee om in al die koninkryke van die aarde te wankel vir hulle onheil, tot 'n smaad en 'n spreekwoord, 'n bespotting en 'n vloek, op al die plekke waarheen Ek hulle sal verdryf.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal hulle ’n verskrikking en ’n onheil maak vir al die volke van die wêreld. In al die lande waarheen Ek hulle sal versprei, sal mense hulle verag en met hulle spot. Hulle sal grappe oor hulle maak en sê: So lyk mense wat vervloek is.
Afrikaans 1933/1953 en Ek sal hulle 'n skrikbeeld maak, 'n onheil vir al die koninkryke van die aarde, 'n smaad en 'n spreekwoord, 'n spot en 'n vervloeking in al die plekke waarheen Ek hulle verdrywe;
Afrikaans 1983 Ek sal vir Sedekia-hulle maak tot iets slegs, iets waarvoor al die koninkryke van die aarde sal skrik; in al die plekke waarheen Ek hulle sal verstrooi, sal hulle naam gebruik word wanneer mense ander wil verneder, wil spot, wil verkleineer of wil vervloek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal hulle 'n toonbeeld van verskrikking, van rampspoed maak – vir al die koninkryke van die aarde, 'n bespotting en 'n spreuk, 'n spotnaam en 'n vervloeking, op al die plekke waarheen Ek hulle verdryf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit sal sleg gaan met Sedekia en sy mense in al die lande waarnatoe Ek hulle sal wegjaag. Die ander mense sal met hulle maak wat hulle wil, die mense sal hulle name gebruik om ander mense sleg te sê en hulle te vervloek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit sal so sleg gaan met Sedekia en sy groep mense dat die nasies van die wêreld sal skrik. In al die lande waarheen Ek hulle sal verstrooi, sal mense niks van hulle dink nie. Hulle sal gespot word. Mense sal grappe oor hulle maak en hulle naam soos ’n vloekwoord gebruik.